Grondpadspook - 13 Stories oor die donker (Afrikaans Edition)


’n Verdraaide wêreld van spoke, duisternis en vrees.

Die stories wat ingesluit is:

Die opgrawing

'n Man grawe 'n kis op om by die oorledene se diamanthalssnoer uit te kom. Is dit regtig so erg om dooies te beroof?

In die kelder

Opsoek na stilte trek 'n jong man in 'n verlate kothuis in – maar wat is die vreemde geluide wat hy heeltyd hoor? En dan maak hy 'n skrikwekkende ontdekking in die kelder.

Eendag op ’n reënnag

Daar dwaal glo ’n spook in die bos – ’n man wat aan een van die bome opgehang is. Mite of nie, dit is nie maklik om alleen daar te loop nie.

Ryloop

’n Meisie is gestrand langs die pad. ’n Jong man kom verby, gretig om te help. Maar hy moes geweet het – dis deesdae nie meer veilig om rylopers op te laai nie.

Expand snippet

Portrette

Prente weerspieël die lewe. Wanneer 'n portret val, sterf daardie persoon. Maak dus seker dat jy gereeld die spykers en drade nagaan. En moenie per ongeluk daarteen stamp nie.

Sneeuman

'n Meisie reis na Engeland en ontmoet 'n baie aantreklike man, maar dit word gou duidelik dat hy eintlik 'n gees is. 'n Spookagtige romanse volg.

Stil soos die graf

Die band tussen tweelingbroers. 'n Ongeluk. Woede, stilte en spyt.

’n Truuk vir Halloween

Dis Halloween. 'n Tafel vol gruwelike peuselhappies. Kinders aangetrek en opgemaak om bang te maak. En 'n buurman wat glad nie hiervan hou nie.

Spookasem

Vir die kleinspan. 'n Klein weesmeisie waag dit in 'n spookhuis waar sy 'n spookseun ontmoet wat vir haar spookasem gee. Maar waarvan word spookasem regtig gemaak?

Perde

'n Jong man se motor raak onklaar. Hy besluit om in sy tent langs die pad te oornag, maar gedurende die nag word hy wakker van iets soos die geluid van hoewe wat deur die dik mis na hom toe aankom.

Grondpadgees

Hulp kom vanuit ‘n onverwagse oord toe die dominee se kar in die modderpad vasval. Maar dit is die ding wat later die aand gebeur wat selfs nog vreemder is.

Sweef

Die aaklige heks word 'n beeldskone meisie – mooi, naak en suiwer. En jy volg met alles wat jy is.

Hierdie boek neem jou na ‘n verdraaide wêreld van die makabere. As jy van spoke en misterie hou, spring gerus weg met die gratis deel van hierdie boek.








Albert Short

albert@albertshort.com